ATTORNEYS

PROKUREURS
NOTARIES NOTARISSE
CONVEYANCERS AKTE-UITMAKERS
VALUERS WAARDEERDERS
LABOUR LAW ARBEIDSREG
PRACTITIONERS PRAKTISYNS
ESTATE & TAX PLANNING BOEDELBEPLANNING & BELASTINGPRAKTISYNS
   

 

TEL: 058 307 5300                                          FAX: 053 303 6962                            EMAIL:infob@breytlaw.co.za


ONS FIRMA BESTAAN TANS UIT VYF DIREKTEURE, TWEE PROFESSIONELE ASSISTENTE EN 2 KANDIDAAT PROKUREURS. BOGEMELDE SE KWALIFIKASIES EN DIE GEBIEDE WAARIN HULLE SPESIALISEER
IS AS VOLG :

 

VENNOTE :

MNR JOHAN BREYTENBACH het 'n Dip.Iuris gedurende 1966 verwerf by die Universiteit van die Vrystaat. Hy was toegelaat as 'n Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger gedurende 1969 en 1973. Mnr Breytenbach is ook 'n gekwalifiseerde Waardeerder soos bepaal word in die Wet op Waardeerders Nr. 23 van 1982. Mnr Breytenbach praktiseer as Prokureur in Bethlehem vir se eie rekening sedert 1971 en spesialiseer in kommersiële werk, transporte en verbande, boedels, Hooggeregshof litigasie, waardasies en insolvente boedels. Mnr Breytenbach is ook 'n Eksaminator vir die Akteseksamens in die Vrystaat.

MNR DANIëL ENGELBRECHT BOTHA
het 'n B Proc graad verwerf by die Universiteit van die Vrystaat in 1975 en was toegelaat as 'n Prokureur en Aktevervaardiger gedurende 1980. Hy praktiseer as Prokureur sedert 1980 en spesialiseer in Hooggeregshof litigasie, Landdroshof litigasie en invorderings.
 

MNR DANIE DU PLOOY het sy B.Iurus graad verwerf en 'n LLB graad gedurende 1990 by die Universiteit van die Vrystaat. Hy is as Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger toegelaat gedurende 1993. Hy het ook 'n diploma verwerf in Belastingpraktyk te die Randse Afrikaanse Universiteit gedurende 2000. Hy is ook 'n Geassosieerde Waardeerder en het sy ND Rees diploma in Eiendomswese verwerf by die Suid-Afrikaanse Technikon gedurende 2003. Mnr Du Plooy spesialiseer in kommersiële werk, boedels, aktes, invorderings aangeleenthede asook waardasies.

MNR JACQUES KRüGER het sy B Proc graad verwerf by die Universiteit van die Vrystaat gedurende 1995 en was as Prokureur toegelaat gedruende 1998 by RAU. Mnr Krüger spesialiseer in Hooggeregshof en Landdroshof litigasie, arbeidsreg, insolvente boedels. invorderings aangeleenthede en kriminele aangeleenthede.

MNR MICHAL MULLER het sy B Proc graad in 1994 by die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy is as Prokureur toegelaat gedurende 1997. Hy het ook 'n Diploma in Korporatiewe Reg gedurende 1998, asook 'n Gevorderde Diploma in Arbeidsreg gedurende 2000 by RAU verwerf. Mnr Muller spesialiseer tans in Hooggeregshof litigasie, Landdroshof litigasie, Arbeidsreg en invorderings.

PROFESSIONELE ASSISTENTE :

MEV LOUISE BOTHA het 'n B Proc graad verwerf by die Universiteit van die Vrystaat en was toegelaat as Prokureur gedurende 1997. Sy is huidiglik 'n professionele assistent te die firma Breytenbach Van Der Merwe & Botha Ing.

MNR JANUARY MAVUSO is toegelaat as Prokureur op 15 Julie 2004. Hy het sy LLB graad verwerf by die Universiteit van Durban, Westville gedurende 2001. Hy is as professionele assistent aangestel en spesialiseer in kriminele aangeleenthede, Hooggeregshof en Landdroshof litigasie, invorderings aangeleenthede asook arbeidsreg.

KLERKE :

ARINE HELMAND is tans 'n regstudent by die Universiteit van Pretoria. Sy is besig met haar skripsie ter voltooiing van haar LLB graad. Sy sal in 2006 graad vang. Sy het in 2006 by Breytenbach Van Der Merwe & Botha Ing as kandidaat prokureur begin werk, ten einde haar klerkskap vir toelating tot 'n prokureur te voltooi.

JABULANI VILAKAZI is 'n student by die Universiteit van die Vrystaat. Hy is besig met een skripsie ter voltooiing van van sy LLB graad Hy het in 2005 as kandidaat prokureur by Breytenbach Van Der Merwe & Botha Inc begin werk.

FINANSIëLE ADMINISTRATIEWE BESTUURDER :

ME. RONEL CONRADIE het haar B. Compt graad te UNISA verwerf en is geregistreer by die Assosiasie van Algemene Rekenmeesters van Suid-Afrika en is die hoof van die Finansiële en Administratiewe Departement van ons firma.